Ons leer deur te eksperimenteer!

Monday, June 4, 2007

Assesseringsbeleid

Laerskool Roodekrans
NATUURWETENSKAPPE – Gr.7
ASSESSERING

Die doel en doelwitte met die onderrig van Natuurwetenskap is die onderrig en ontwikkeling van gepaste vaardighede, kennis en ingesteldheid teenoor die leerarea, en `n begrip van die beginsels en prosesse wat betrokke is by Natuurwetenskap om:
 leerders in staat te stel om sin te maak van die natuurlike wêreld,
 leerders in staat te stel om aktiewe deelnemers in die leerproses te wees en sodoende `n betekenisvolle begrip vir beginsels en konsepte te ontwikkel,
 by te dra tot die ontwikkeling van verantwoordelike, sensitiewe en wetenskaplikgeletterde lede van die samelewing wat op `n ingeligte wyse kan debatteer oor kritieke wetenskaplike sake wat `n invloed op hul lewe het,
 om te verseker dat hulle bewus raak van die noodsaaklikheid van die behoud, bestuur, ontwikkeling en benutting van natuurlike hulpbronne om sodoende die oorlewing van plaaslike en globale omgewings te verbeter,
 `n bydrae te lewer tot die skep, ontwikkeling en totstandkoming van werksgeleenthede.

Leeruitkomste:
LU 1: Wetenskaplike ondersoeke – Reageer met selfvertroue en op `n weetgierige wyse oor natuurlike verskynsels ondersoek verbande binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing en los probleme op.
LU 2: Konstruksie van wetenskapkennis – Toon begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing.
LU 3: Wetenskap, die samelewing en die omgewing – Ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

No comments: