Ons leer deur te eksperimenteer!

Monday, June 4, 2007

Woordelystoets 1

Laerskool Roodekrans
Natuurwetenskappe
Graad 7

WOORDELYS 1

1. Brandstowwe: Stowwe wat energie stoor, bv. steenkool.
2. Fossielbrandstowwe: olie, steenkool en natuurlike gas wat uit plant- en dierereste gevorm word
3. Nie-hernubare energiebronne: ‘n Brandstof wat uitgeput kan word en klaar sal wees. As dit klaar is, is dit klaar. Dit kan nie vervang word nie.
4. Hernubare energiebronne: Energiebronne wat nooit kan opraak of klaar word nie, bv. wind en sonlig.
5. Kompos: Gemaak van dieremis en afvalkos. Word gebruik om grond te voed en uitdroging te voorkom.
6. Hitte-energie: Energie wat voorwerpe se temperatuur kan laat styg – warm maak.

Leer al die terme en definisies vir toets op Woensdag 6 Junie 2007.
Sterkte!

Assesseringsbeleid

Laerskool Roodekrans
NATUURWETENSKAPPE – Gr.7
ASSESSERING

Die doel en doelwitte met die onderrig van Natuurwetenskap is die onderrig en ontwikkeling van gepaste vaardighede, kennis en ingesteldheid teenoor die leerarea, en `n begrip van die beginsels en prosesse wat betrokke is by Natuurwetenskap om:
 leerders in staat te stel om sin te maak van die natuurlike wêreld,
 leerders in staat te stel om aktiewe deelnemers in die leerproses te wees en sodoende `n betekenisvolle begrip vir beginsels en konsepte te ontwikkel,
 by te dra tot die ontwikkeling van verantwoordelike, sensitiewe en wetenskaplikgeletterde lede van die samelewing wat op `n ingeligte wyse kan debatteer oor kritieke wetenskaplike sake wat `n invloed op hul lewe het,
 om te verseker dat hulle bewus raak van die noodsaaklikheid van die behoud, bestuur, ontwikkeling en benutting van natuurlike hulpbronne om sodoende die oorlewing van plaaslike en globale omgewings te verbeter,
 `n bydrae te lewer tot die skep, ontwikkeling en totstandkoming van werksgeleenthede.

Leeruitkomste:
LU 1: Wetenskaplike ondersoeke – Reageer met selfvertroue en op `n weetgierige wyse oor natuurlike verskynsels ondersoek verbande binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing en los probleme op.
LU 2: Konstruksie van wetenskapkennis – Toon begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing.
LU 3: Wetenskap, die samelewing en die omgewing – Ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Welkom!

As jy gedink het die Natuurwetenskapklas is eindelose lesse met feite, dink weer! By Laerskool Roodekrans sorg juffrou Annie dat elke les vol pret is. Al jou sintuie word ontwikkel, jou reuk- en smaaksintuie word tot die uiterste beproef met die eet tot skaapmaalvleis (hartslag). Stel jou voor, `n soutbeskuitjie met “heerlike” skaapmaalvleis! Dit was geweldig interessant om die skaaplonge op te blaas en te sien hoe groot dit voel en hoe dit lyk. Ons het visse, paddas, duiwe en krappe oopgesny en meer geleer van hul ingewande en bou. Ons sal nooit weer na hierdie diere ken kyk sonder om aan die wonderlike dea in die NW-klas te dink nie. Juffrou Annie, jy het by ons almal `n liefde vir praktiese werk en eksperimente gekweek.